ʼn Seun is dood nadat hy Donderdagmiddag deur weerlig getref is in Vanderbijlpark, Gauteng.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die seun is deur die weerlig doodgeslaan terwyl hy van die skool af huis toe geloop het. Banks sê hulle vermoed die seun was 13 jaar oud. Hy sê die seun was reeds dood toe paramedici op die toneel aangekom het.