Seun geskiet tydens poskantoorroof

‘n Sesjarige seun is Dinsdag in ‘n rooftog by die Mayflower-poskantoor naby Ermelo geskiet, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Kol. Leonard Hlathi, ʼn polisiewoordvoerder, sê agt gewapende mans het die tellers met vuurwapens gedreig en hulle gedwing om die kluis oop te sluit. “Terwyl die mans van die toneel gevlug het, het hulle skote gevuur en drie omstanders, waaronder ʼn sesjarige seun, geskiet en gewond.” Hlathi sê die mans het met ʼn onbekende bedrag kontant in ʼn wit Toyota Hilux 4×4 en ‘n groen Toyota Avanza gevlug. Die polisie ondersoek ‘n saak van roof en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting kan ao. Velaphi Mnisi kontak by 082 496 3169 of 013 881 9017.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.