Seun het breinskade na taximan, wat ook advokaat sleep, hom omry

Kim McCusker en haar verloofde, Lourens Grobler. Foto: Facebook

Die 7-jarige seun wat na bewering deur die taxibestuurder, Matome Thamage, raakgery is, het glo ernstige breinskade opgedoen.

Daar is die naweek berig dat Thamage, wat ook daarvan beskuldig word dat hy ʼn Johannesburgse advokaat omgery en meters ver gesleep het, op 19 Julie vanjaar vir Omphemetse Mathobela in Diepsloot raakgery het. Mathobela se familie eis intussen R1 miljoen van die Padongelukkefonds (POF). Volgens Thamage is die saak by die polisie aangemeld maar nie ondersoek nie. Thamage word intussen aangekla van poging tot moord en roekelose en nalatige bestuur nadat hy Kim McCusker omgery en meters ver gesleep het. Hy is verlede week op borgtog van R5 000 vrygelaat. McCusker se verloofde, Lourens Grobler, is ook verlede week op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy word aangekla van aanranding en kwaadwillige saakbeskadiging. Thamage beweer Grobler het hom aangerand en dat hy om die rede van die toneel probeer vlug het. Intussen is McCusker weer aan ʼn ventilator gekoppel nadat haar toestand Maandag versleg het. McCusker se broer, Gareth, het Maandag op Facebook gesê sy suster is weer geopereer en dat sy ʼn infeksie opgedoen het wat met antibiotika behandel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.