Seun kan nog slegs drie dae privaat behandel word

Herman Loots jnr. ná hy in die Midmed-hospitaal in Middelburg opgeneem is.

Herman Loots jnr, wie se pa sy bakkie verkoop het in ʼn poging om sy kind se lewe te red, kan nog net vir drie dae in ʼn privaathospitaal behandel word voordat hy weer na ʼn staatshospitaal oorgeplaas gaan word.

Maroela Media het vroeër berig oor Herman Loots jnr. se lot. Hy was op 22 Maart in ʼn motorfietsongeluk in Middelburg, Mpumalanga, betrokke. Lees meer hier.

“Hy sterk aan. Hy is al wakker en glimlag en sy oë volg beweging, maar sy breinchirurg het gesê daar is tekens van breinskade,” hetsy ma, Suzette, Woensdag aan Maroela Media gesê. Sy sê Herman jnr. gaan Woensdagaand van sy ventilator begin speen word. “Hy gaan dan vir drie dae lank in die hoësorgeenheid behandel word om seker te maak dat hy op sy eie kan asemhaal voordat hy na ʼn staatshospitaal oorgeplaas moet word,” het sy gesê. Hy gaan nog ʼn geruime tyd mediese behandeling en rehabilitasie moet ondergaan. Die gesin skuld Midmed-hospitaal reeds R100 000 en kan nie privaatbehandeling, waarvan die naaste in Pretoria is, bekostig nie.

Die gesin se enigste hoop is nou dat hul seun na die Steve Biko-hospitaal oorgeplaas kan word, aangesien die Witbank-staatshospitaal nie ʼn rehabilitasiesentrum het nie. “Ons het nog drie dae oor om alles te probeer om hom daar te kry,” het Suzette bygevoeg.

Mense wat die gesin wil bystaan kan hulle e-pos by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.