Seun kom op ouers se lyke af

Ryno Greeff het op die lyke van sy vermoorde ouers in hul huis in Sandton afgekom nadat ʼn vriendin hom gevra het om te gaan kyk wat aangaan nadat hulle nie vir ʼn afspraak opgedaag het nie.

Beeld berig Greeff het Vrydagmiddag van Pretoria na sy ouers se huis in Johannesburg gery waar hy op sy ouers, Bets en Gawie (albei 79), se lyke afgekom het. ʼn Vriendin het Greeff gebel nadat sy ouers nie vir ʼn afspraak opgedaag het nie. Greeff het aan die dagblad gesê sy ouers se huis was gesluit toe hy daar aangekom het. Hy het die huis oopgesluit en sy ma se liggaam in die slaapkamer gekry met haar hande en voete wat vasgebind was en haar mond wat met ʼn plastieksak toegebind was. Hy het sy pa buite in sy werkswinkel gekry met sy hande, voete en mond wat ook soos sy ma sʼn vasgebind was. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisbraak. ʼn Voertuig en elektroniese toerusting is gesteel. Die Greeffs word ook oorleef deur hulle vier kleinkinders.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.