Seun kritiek nadat hy voor trein ingestamp is

Argieffoto

‘n 14-jarige seun is in ‘n kritieke toestand nadat hy Dinsdagoggend glo voor ‘n trein by die Merebank-treinstasie in Durban, KwaZulu-Natal, ingestamp is.

“Volgens ooggetuies is die seun voor ‘n trein ingestamp,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, gesê. Hy het op die spoor voor die trein beland. “Die trein het oor die kind se been gery.” Nadat paramedici die tiener stabiliseer het, is hy met ‘n ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Verdere inligting is nie tans beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.