Seun pleeg selfmoord na hy glo geboelie word

ʼn Graad 10 leerder het selfmoord gepleeg in ʼn poging om glo skoolboelies te ontwyk.

The Times berig dat die leerder aan die Lethabong sekondêre skool in Soshanguve, noord van Pretoria, deur boelies name genoem en geslaan is. David Hlongwane (16) het op 14 Februarie ʼn brief van die skool gekry waarin hulle versoek is om die volgende dag na die skool te kom om oor die beweerde voorvalle te gesels. Die boelies, waarvan een glo vroeër geskors is nadat hy ʼn onderwyser geslaan het, is ook gevra om die brief aan hulle ouers te gee. Hlongwane het glo die volgende dag gemaak of hy skool toe gaan maar het toe glo teruggekeer huis toe waar hy homself gehang het. Hlongwane se stiefpa, Sam Mabuza, het by sy tuiskoms op hom afgekom. “Hy het nog asemgehaal. Ek het dadelik die elektriese koord geknip en gereël dat hy na die kliniek geneem word. Hy is met sy aankoms dood verklaar.” Die voorsitter van die skool se beheerliggaam het ʼn week later gesê hy weet nie van die selfmoord nie. Die departement van onderwys sê intussen hy ondersoek die voorval.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.