Seun se oë tydens gru-aanval uitgesny

Die seuntjie sterk aan in die hospitaal. Foto: news.com.au

ʼn Sesjarige Chinese seun sterk aan in die hospitaal nadat ʼn vrou, wat vermoedelik organe op die swartmark verkwansel, hom in ʼn veld ingelok en sy oë uitgesny het.

The Guardian het Woensdag berig die voorval het Saterdag in die noorde van China plaasgevind.

“Die gru-aanval het op die platteland in Linfen in die Shanxi-provinsie plaasgevind,” het plaaslike owerhede gesê. Die vrou het glo die kind se oë uitgesny en hom in die veld gelos. Hy is ure later deur sy ouers in ʼn plas bloed aangetref.

Die dorpie se polisie het gesê hulle kan nog nie spekuleer oor die motief vir die daad nie en dat hulle die saak nog ondersoek. “Ons doen alles in ons vermoë om die saak te ondersoek,” het ʼn beampte, wat slegs sy van as Lui aangedui het, gesê.

Lui het gesê die seun se oë is later in die veld gekry en dat die horingvliese nie verwyder is nie.

Die plaaslike media in China het aanvanklik berig die moontlikheid bestaan dat die seuntjie se oë uitgesny is om die horingvliese op die swartmark te verkwansel, aangesien daar ʼn groot tekort aan organe in China is. Maar die polisie het gesê hulle het dié moontlikheid uitgesluit nadat die horingvliese nie verwyder is nie.

Intussen berig Yahoo News dat die afgryslike daad die land se inwoners erg geskok het. Hoewel die kind se oë terug gekry is, kon dokters nie daarin slaag om dit suksesvol terug te sit nie en is hy nou blind.

Die polisie het ʼn beloning van 100 000 yuan (sowat R170 000) uitgereik vir inligting wat tot die vrou se inhegtenisname kan lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Stoere Boer ·

G’n wonder hulle en die ANC is so hand om die blaas nie. Kultuur verskil nie veel nie. Moord Verkragting, Oë uitsny, alles vir hulle dieselfde.

Trippie ·

Ek het nie die regte woorde in my woordeskat om my misnoeë uit te spreek nie.

GELD IS ‘N EUWEL !

Johann ·

Die vrekselse gemors se oë moet met ‘n warm yster uitgebrand word. Die arme seuntjie is nou blind gelaat deur ‘n geldgierige heks! Ek kan my nie indink die pyn wat die kind moes deurmaak nie.
Hoop die inwoners kry die feeks voor sy gearresteer word.

Eben ·

” … Hoewel die kind se oë terug gekry is, kon dokters nie daarin slaag om dit suksesvol terug te sit nie en is hy nou blind” WTF …. is dit moontlik? Dan moet hulle die kind dadelik in Kuba kry, Zumie se korrupte regering kan dit bevestig

JAVR ·

Die groot probleem wat ek met die berig het is dat daar donnerse non reflectants sal wees wat hiervan te hore gaan kom so dis nie net ons eiendom wat in die toekoms affermatively geshop gaan word nie! Ons sal gelukkig kan wees as ons met al ons organe en goete aan die ander kant uitkom! Liewe hel! Ek wonder partykeer wat God doen as hy so afkyk na hierdie mensdom van ons!

christine naude ·

Ek hoop die gemeenskap kry vark eerste, hulle moet dan haar oe ook uithaal en sommer dat sy dit nog moet insluk…sy moet OOK blind wees..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.