Seun slaan ma glo met fiets dood

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 62-jarige ma.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die ma en seun het glo Vrydagaand saam gedrink by hulle huis in Kuyusa buite Colesberg in die Noord-Kaap. Naidu sê die seun het sy ma omstreeks 23:00 met ʼn fiets aangerand. Die ma het die beweerde aanranding die volgende oggend aan haar bure rapporteer. “Die bekommerde bure het die polisie ontbied.” Met die polisie se aankoms op die toneel is die ma dood aangetref op die vloer. Die verdagte is kort hierna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.