Seun sterf aan hartaanval in klaskamer

ʼn 9-jarige seun van Jeffreysbaai is Dinsdagoggend voor sy klasmaats dood nadat hy glo ʼn hartaanval gehad het.

Die Times berig die seun, wat tussen 105 en 125kg geweeg het, het omstreeks 9:35 Dinsdagoggend by die Pellsrus Primêre Skool inmekaargesak en gesterf. Volgens ʼn polisiewoordvoerder, ao. Petra Els, sê die seun, wat volgende maande sy tiende verjaarsdag sou vier, het ʼn geskiedenis van hartprobleme. Die seun se ma het glo inmekaargesak toe sy die nuus van haar seun se dood ontvang het en is in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.