Seun sterf ná hy klapper insluk

Tyreece Jordan Naicker. Foto verskaf aan IOL

Tyreece Jordan Naicker. Foto verskaf aan IOL

ʼn Sesjarige seun is dood nadat hy ʼn klapper ingesluk het tydens die Diwali-fees in Durban oor die naweek, het The Star Donderdag berig.

Tyreece Jordan Naicker het die klapper Sondagoggend ingesluk, maar eers later die dag vir sy ma daarvan vertel. Sy het die seun laat opbring, maar net ʼn stukkie van die klapper het uitgekom.

Past. Ronnie Naicker, die seun se oom, het gesê hulle is nie seker watter tipe klapper en hoeveel daarvan die seun ingesluk het nie. Hy het gesê dit lyk amper soos ʼn potlood. Die bokant van die klapper is soos ʼn vuurhoutjie en kan op ʼn vloer geskraap word om te brand. Die klapper maak dan ʼn fontein van vonke.

Naicker het gesê die seun het Sondag nog gesond voorgekom, maar sy gesondheid het Maandag agteruitgegaan. Sy ma het hom onstreeks 11:00 na die hospitaal gehaas. Hy is omstreeks 14:30 dood verklaar nadat dokters alles in hul vermoë gedoen het om sy lewe te red.

– SAPA

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justi ·

Dis erg. Sterkte aan die ouers. Ek wens klappers word verban. Hoeveel mense moet nog seerkry? Om nie eers van die arme diere te praat nie. Uit vrees vaar hulle die strate en veld in op pad na nerens! Ek persoonlik haat klappers met n passie.

Maggie ·

Stem saam met jou Justi, die beste is die diwali fees word gevier met lig so hul kan maar net kers brand presies dieselfde betekenis, maar van die mense is net moedswillig en speel die rasse kaart as ons aansoek doen om die klappers te verban, ons het in elk geval in sekere dele van die suidkus dit reg gekry om die gemors te verban. Ons moet net aanhou petisies aan die stadsrade rig en die winkels wat dit verkoop boikot, op die ou end help dit om aan te hou al voel dit soms dit val op dooie ore. Hou net aan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.