Seun sterf na Tornado buite Ficksburg tref

Die gebruiker greevink het die foto op Twitter geplaas.

‘n Negejarige seun is dood en 42 mense beseer nadat ʼn tornado Sondag die Makgeleng informele nedersetting buite Ficksburg getref het, berig EWN.

Honderde huise en plakkershutte is vernietig. Reddingswerkers is volgens berigte steeds besig om vas te stel of nog mense beseer is. Die weermag het glo ʼn helikopter gestuur vir bystand. ʼn Woordvoerder van Netcare911, Chris Botha, sê 42 mense is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Hy sê twee mense is in ʼn ernstige toestand.

Is jy naby Ficksburg? Het jy gesien wat gebeur het? Stuur vir ons jou ooggetuie verslag en foto’s op Maroela se ooggetuie blad of na [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.