Johan Opperman (10) wat Saterdag by die Zanchieta-wildekatplaas deur ʼn leeuwyfie gegryp is, sterk aan in die hospitaal.
Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Medi-Clinic Bloemfontein, het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat Johan in ʼn stabiele toestand in die hoësorgeenheid van die hospitaal is. “Hy het gister ʼn operasie ondergaan en die spiere en weefsel is suksesvol geheg,” het Appelgryn gesê. “Hy word in die waakeenheid gehou om seker te maak dat die infeksie beperk word.”
Volgens Appelgryn word Johan ook in die waakeenheid gehou as ʼn voorsorgmaatreël dat daar nie te veel besoekers by hom toegelaat word nie.
Johan het Saterdag saam met talle ander besoekers Elsa die leeuwyfie, se vyfde verjaarsdagpartytjie by die wildekatplaas bygewoon. Die leeuwyfie het na hom gegryp toe hy met sy rug teenaan die hok gestaan het.
Lees ook:
Leeuwyfie gryp 10-jarige