Seun tydens Guy Fawkes-vuurwerkvertoning beseer

ʼn 14-jarige seun is Maandagaand tydens ʼn Guy Fawkes-vuurwerkvertoning op Bloubergstrand in die Wes-Kaap beseer.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die seun ʼn vuurwerk hanteer, toe dit in sy hande ontplof het. “Die seun het wonde aan sy gesig en arms opgedoen en sy hande is ernstig beseer.  Hy het geweldige pyn gehad en moes pynmedikasie op die toneel ontvang. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Milnerton Mediclinic geneem vir verdere behandeling.

Jackson sê honderde mense was by die vertoning, en dat hierdie die enigste ongeluk is wat aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.