Seun van bekende kunstenaar vermoor

Die seun van een van die land se voorste kunstenaars is Sondagaand in sy huis in Johannesburg vermoor.

Die Burger berig dat wyle David Botha se seun en naamgenoot, David Botha jr. (58), in sy huis in Bezuidenhoutsvallei met ʼn byl doodgekap is. Sy liggaam is eers Woensdag ontdek. ʼn Buurvrou van Botha sê hy het vroeër dreigbriewe ontvang en sy motor is verlede jaar voor sy huis aan die brand gesteek. Botha se ma, Jane, sê David jr. het altyd in sy pa se skaduwee geleef. Botha se dogter, Stephanie (21), is tans in Chili. Volgens ʼn polisiewoordvoerder is Botha se liggaam onder ʼn hoop skrootyster in die huis se gang gevind. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.