Seun vas vir 220km/h met pa se kar

Argieffoto

ʼn 20-jarige man is Vrydagoggend in hegtenis geneem nadat hy 220km per uur op die N1-deurpad in Johannesburg gejaag het.

“Die man het in ʼn noordelike rigting op die deurpad gejaag en is naby die Grasmere–tolhek afgetrek,” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê.

“Die man het met sy pa se Jaguar gery. Hy het aan beamptes gesê dat hy laat is vir sy werk, wat in Sandton is,” het Minnaar gesê.

Die man is na die Mondeor-polisiestasie geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.