Seun verbied om langs pa se sterfbed te sit

Barnett Fine Foto: Facebook

Barnett Fine (70), wat slukdermkanker gehad het, het in ʼn sittende posisie gesterf ná daelange onuithoudbare lyding omdat ʼn hospitaal in Hazyview, Mpumalanga, nie meer morfien gehad het nie.

Fine se seun, Gary (40), moes op ʼn vensterbank buite die saal sit om sy pa te sien, omdat verpleegsters hom glo nie buite besoekure in die saal wou toelaat nie, berig Beeld. Sowat twee maande ná Fine se afsterwe, en nadat die organisasie Campaigning for Cancer by die regering oor sy behandeling gekla het, het die regering nog steeds nie op die skrywe reageer nie. Fine se behandeling is ook vir twee maande uitgestel weens toerusting by die Matikwane-hospitaal wat nie gewerk het nie.

“Dit was sy laaste paar uur op aarde, maar ek moes die saal verlaat. Die verpleegsters het niks gedoen nie,” het Gary Woensdag gesê. “Ek het by die venster naby sy bed gesit en kon hoor hoe hy asemhaal. As hy sukkel, het ek gou binnetoe gehardloop om hom regop te help. Toe hy dood is, het hy nie eens meer ’n drup ingehad nie.”

Campaigning for Cancer het hierdie week gesê hulle het meer as 50 soortgelyke briewe aan die regering oor die gehalte van behandeling vir kankerpasiënte geskryf, maar pasiënte word steeds gereeld weggewys weens stukkende hospitaaltoerusting.

Volgens Beeld het die regering ook nie op hul medianavrae reageer nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maryke ·

Daar was ook ‘n ruk terug ‘n insetsel op Carte Blanche oor hierdie swak toestande. Baie hartseer inderdaad!

Anchen ·

En hulle wil hê almal moet op die staat se medies wees????? Wat word van hierdie land en die mensdom. Ek sidder om te dink as ek in ‘n staatshospitaal moet opeindig! Ek vrek eerder van honger voor ek nie my medies betaal nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.