Seun verdrink by Melkbosstrand

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn 7-jarige seun het verdrink nadat hy Maandagmiddag deur ʼn seestroom by Melkbosstrand, Kaapstad, meegesleur is.

Die seun is geïdentifiseer as Tyrique Fortuin van Atlantis. Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het hy omstreeks 14:00 saam met ʼn groep vriende in die kalm see geswem, toe die seestroom hom skielik meegesleur het. Sy maats het hulp ontbied en ʼn soektog is van stapel gestuur.

ʼn Span lewensredders het later in die omgewing waar hy vermis geraak het op sy liggaam afgekom.

Volgens Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampbestuursentrum, ontvang die seun se familie en vriende traumabehandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.