Seun verdrink by Muizenbergstrand

Muizenbergstrand

Muizenbergstrand

ʼn 11-jarige seun het Dinsdagmiddag by Muizenbergstrand in Kaapstad verdrink.

Volgens Craig Lambinon, ʼn woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), was die seun saam met vriende by die strand en hulle het saam gaan swem.

“Die kind het in die moeilikheid beland en onder die water verdwyn. Sy maats het hulp ontbied. Daar word vermoed dat die seun vir 45 minute onder die water was voor hy gevind is,” het Lambinon gesê.

Die seun is na die strand geneem waar paramedici  tevergeefs probeer het om hom by te bring. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.