Seun verdrink in strandmeer

Water_surface_lake1-300x225ʼn 14-jarige seun is dood nadat hy Donderdagmiddag in die Umgababa-strandmeer naby Amanzimtoti in KwaZulu-Natal verdrink het.

“Die seun het saam met vriende in die strandmeer gaan swem toe hy skielik onder die water verdwyn het,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Paramedici en die polisie se duikeenheid is na die toneel ontbied. Die seun se liggaam is gevind etlike minute nadat die duikers na hom begin soek het. Pogings om die seun se lewe te red was vrugteloos en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.