Seun verdrink in swembad by skool vir blindes

swemʼn Negejarige seun het Sondagaand omstreeks 23:00 in ʼn swembad in Christiana, Noordwes, verdrink.

Sers. Kealeboga Molale, ʼn polisiewoordvoerder, sê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die seun se liggaam in ‘n 2 meter diep swembad gevind is.

“Die voorval het by die Christiana Skool vir Blindes plaasgevind,” het Molale gesê.

Die seun het glo oor die swembad se hek geklim om toegang tot die swembad te kry. Hy het geen sigbare beserings gehad nie. Hy is by die hospitaal dood verklaar.

Die seun se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Strawberry ·

Sjoe! Dis hartseer maar kan nie help om te dink hoekom het hy 11uur in die aand oor die hek geklim om te gaan swem nie. Iets klink nie reg nie. Wat het hy daardie tyd daar gaan maak en waar was die toesighouers?

Dinknet ·

Ai Strawberry,mens noem dit kwaaijongstreke!! Ekself was goed daarmee! Was in n koshuis en ek moet sè die toesighouers het hul beste gegee om n oog oor my te hou,maar ek kon altyd n beter plan bedink! Was goed stout op ons dag! Het ook in die nag ander se swembaddens gaan uittoets……. Maar ons kon darem swem! En genadiglik het niks slegs ons ooit oorgekom! Vandag nie meer so maklik…..

Jasper ·

Tragies
Ek skat hierdie outjie was nie alleen nie. Sy maters het hom gedrop. Almal by so n skool is nie noodwendig stokblind nie en beskik nog oor n mate van sig.

Amy ·

Wat het die kinders so laat buite gesok? Heng, my pa sou my agterwêreld vuurwarm geklop het as ek so laat op ‘n Sondag-aand nog buite rondgewaal het. Veral as ek 8-uur al in die bed moes wees. Ag askuus, tye het mos verander…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.