Seun verdrink tydens visvanguitstappie

Foto: NSRI

ʼn Sesjarige seun het verdrink nadat branders hom en sy pa van rotse naby Vredenburg aan die Weskus afgeslaan het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die 41-jarige pa en sy sesjarige seun het glo visgevang toe branders hulle van die rotse afgeslaan het. Lambinon sê toe die NSRI by die toneel aangekom het, was die pa en seun reeds uit die water gehaal. Die seun is op die toneel dood verklaar. Die pa het hipotermie gehad en is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. Lambinon sê die voorval het by Trekoskraal, tussen Vredenburg en Paternoster, plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.