Seun verkool glo weens verwarmer

Argieffoto.

ʼn 11-jarige seun van Johannesburg het Dinsdagoggend in ʼn huisbrand verkool.

Robert Mulaudzi, ʼn woordvoerder van die stad se nooddienste, het gesê die seun se driejarige sussie het die vlammehel by hul huis in Alexandra ongedeerd oorleef.

“Die rede vir die brand word nog ondersoek, maar ons vermoed dit het ontstaan weens ʼn elektriese verwarmer wat die kinders gebruik het,” het Mulaudzi gesê. Die forensiese brandondersoekeenheid ondersoek die oorsaak.

Mulaudzi het ouers versoek om seker te maak dat jong kinders wat verwarmers en kerse gebruik, nie sonder volwasse toesig gelaat word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leana ·

Aai toggie! So tragies dat jong kinders so pynlik moet sterf…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.