Seun verkrag moeder

ʼn Dertigjarige man is Dinsdag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy sy 55-jarige ma oor die naweek verkrag het.

The Witness berig die man is deur die Pietermaritzburg-distrikshof skuldig bevind aan verkragting. Die man van Sweetwater het skuld erken. In sy pleitverklaring sê hy dat hy sy ma Saterdag verkrag het nadat hy teruggekom het van ‘n kuierplek waar hy glo baie gedrink het. Hy het haar aangeval en op die vloer verkrag nadat sy die deur vir hom oopgemaak het. Volgens Nitesh Binesarie, die man se prokureur, was sy kliënt erg besope tydens die voorval.

Die man se naam mag nie bekend gemaak word nie om die identiteit van sy ma te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.