ʼn Man van Limpopo verskyn Vrydag in die hof nadat hy glo sy bejaarde pa met ʼn skerp voorwerp doodgekap het.
Konst. Moses Molepo, ʼn polisiewoordvoerder, sê die 32-jarige seun is in hegtenis geneem nadat hy glo Woensdagaand sy 71-jarige pa tydens ʼn rusie vermoor het. Die voorval het in die GaMamabolo-omgewing plaasgevind. Die rede vir die argument is nog nie bekend nie.
Die seun moet vandag in die Mankweng-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van moord.