Seun vermoor glo ouma, tannie met ‘n byl

Argieffoto

Argieffoto

JONGSTE: Klik hier om die jongste inligting oor dié berig te lees.

ʼn Seun is in hegtenis geneem nadat hy glo twee van sy familielede Sondag in Lakeside, Johannesburg, met ʼn byl vermoor en twee beseer het.

“Die seun het glo sy 60-jarige ouma, 26-jarige tannie en twee nefies, onderskeidelik 17 en 18 jaar oud, met ‘n byl aangeval,” het kapt. Disebo Selepe, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. Al vier is glo in die kop getref.

“Sy tannie is op die toneel dood en sy ouma het op pad na die hospitaal aan haar beserings beswyk,” het Selepe gesê.

Die twee nefies is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem en hulle is steeds in ʼn kritieke toestand.

Die seun het glo ook sy sesjarige familielid aangeval, maar sy het ongedeerd ontsnap.

Die motief vir die aanval en die seun se ouderdom is nog nie bekend gemaak nie. Hy sal na verwagting binnekort in die Vereeniging-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Megan ·

Wat het die klein nerf besiel om dit te doen?!!! Siek wereld waarin ons lewe… Geen hom teen ‘n Donderdag vir my, ek sal met liefde my werkstres op hom wil uithaal…!!! Ek kan net nie belowe dat hy ongedeerd of selfs in ‘n kritieke toestand daarvan sal afkom nie!

liez ·

Megan , dit gaan erger en erger word. Toe ons op skool was het daar STRAF bestaan wat respek- dissipline en orde afgedwing het. Vandag mag ons as onnies en ouers nie aan hulle raak nie en dis hoekom hulle maak net wat hulle wil. Ek se bring slae en doodstraf en verpligte weermag diens terug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.