Seun vermoor glo pa

ʼn Man is Maandag in hegtenis geneem nadat hy glo sy pa tydens ʼn familiebyeenkoms vermoor het.

Konst. Moses Molepo, woordvoerder van die polisie, sê ʼn rusie het glo tussen die pa en seun ontstaan waarna die seun sy pa glo verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Die pa is op die toneel oorlede. Molepo sê die voorval het Sondagaand in Solomondale in Limpopo plaasgevind. Die 30-jarige seun is Maandag in hegtenis geneem en hy sal na verwagting Dinsdag in die Mankweng-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.