Seun wat fiets wou red sterf

Michael van Vuuren (12), wat op 15 Julie erg gebrand het toe hy sy fiets wou red, is gisteraand in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria oorlede.

Michael het brandwonde op meer as 80% van sy lyf opgedoen na die houthuis waarin hy saam sy ouers gebly het, afgebrand het. Hy het teruggestorm in die vlamme in om sy nuwe fiets te red. Michael se toestand het gister versleg en hy het aan sy beserings beswyk. Die Facebook-groep ‘Bid asb vir Michael van Vuuren’ het na sy dood geskryf: “Michael, ons het almal so vir jou gebid, maar besef nou dat God groter planne vir jou het…Dit sal met jou goed gaan by Jesus, jy sal die mooiste fiets hê, moenie oor pappa en mamma, en broers en suster bekommerd wees nie, gaan en gaan rus…kyk net hoeveel mense is hier in SA wat omgee, dit sal goed gaan met die wat jy agterlaat, mooi bly Michael xxx”

Michael se ma, Rina, en pa, Johan, het geringe brandwonde tydens die voorval opgedoen. Die gesin het al hul besittings in die brand verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.