Seuns dood op berg gevind

crime-scene-tape-320x191Twee seuns van die Oos-Kaap is Sondag dood aangetref op ʼn berg in Mthatha.

Lt.kol Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, sê die twee seuns, onderskeidelik 12 en 13 jaar oud, is omstreeks 11:00 Sondagoggend op die berg Baziya gevind. “Dit blyk dat hulle gedehidreer het aangesien daar geen tekens van beserings op hul lywe is nie.” Fatyela sê vyf seuns het Saterdagmiddag berg op gegaan om vee te gaan haal. Hy sê dit was mistig en dat van die seuns verdwaal geraak het. Drie van die seuns kon daarin slaag om veilig by die huis te kom. Gemeenskapslede het na die ander twee seuns begin soek en op hulle liggame afgekom en die polisie in kennis gestel. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.