Seuns voer robbe onwettig vir fooitjies

Argieffoto

Jong seuns voer robbe vis uit hul monde in Houtbaai se hawe om sodoende fooitjies van toeriste te kry.

Pat Stacey, voormalige hoof van die hawe, het aan die Cape Times gesê die kinders stel hierdeur nie net hul eie lewens in gevaar nie, maar oortree ook die wet.

ʼn 14-jarige seun is in 2009 in sy gesig gebyt toe hy oor ʼn reling gehang het met ʼn vis in sy mond en ʼn rob uit die water gespring het om dit te eet.

“Ons het nog altyd ʼn probleem gehad met mense wat die robbe voer. Dit was ʼn voordurende stryd wat nou weer vlam vat,” het Stacey gesê.

Aldus die wet op beskerming van seevoëls en robbe is dit onwettig om die diere te voer.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.