Seuns wat klippe gooi word nie vervolg nie

Kennedy Mweene, doelwagter van Zambië is in die voorval beseer Foto: FAZ, Facebook

Die twee seuns wat Woensdagaand in hegtenis geneem is nadat hulle ʼn bus van die Zambiese sokkerspan met klippe bestook het, sal nie vervolg word nie.

“Die twee minderjariges het Donderdagmiddag in die landdroshof in Johannesburg verskyn. Die saak is teruggetrek,” het brig. Neville Malila, woordvoerder vir die polisie, gesê. “Die kinders is vir berading gestuur. Die aanklaers het die saak teruggetrek.”

Die seuns, onderskeidelik 12 en 13 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat hulle die bus met klippe bestook het. Die voorval het plaasgevind net nadat Bafana Bafana ʼn sokkerwedstryd by Soccer City teen Zambië 1-0 verloor het.

Malila het vroeër gesê die polisie is op soek na twee ander jeugdiges wat ook moontlik klippe gegooi het.

Kennedy Mweene, doelwagter vir Zambië, wat ook vir die Free State Stars in Suid-Afrika speel, is beseer, aangesien hy langs ʼn venster gesit het wat deur een van die klippe getref is.

“Ons land het al verskeie internasionale byeenkomste gehou en ons het nog nooit sulke gedrag gesien nie,” het Mvuzo Mbebe, hoof uitvoerende beampte van Afcon 2013 gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Doman ·

Ja, daar het julle dit nou! Van baie klein af word die kinders geleer as iets jou nie geval nie – breek dit, brand dit en gooi almal om jou met klippe! Ek wonder nou net wat die berading gaan se WIE se skuld is dit???????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.