Seuntjie se lyk in emmer in toilet gevind

Die liggaam van ʼn tweejarige seuntjie is Sondag in ʼn emmer in ʼn toilet in Jouberton naby Klerksdorp, Noordwes gevind nadat hy vermoedelik deur sy ma se vriend doodgekap is.

Ao. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, sê die seuntjie se ma en haar 25-jarige vriend het Vrydagaand by ʼn kroeg stry gekry. Hulle het die kroeg verlaat waarna die vrou na haar bure se huis is. Die man het haar glo weer aangeval en sy het na haar ouma se huis gevlug. “Die seuntjie was heeltyd saam met sy ma se vriend. Saterdag, toe hy gevra is waar die kind is, het hy gesê hy is in die emmer in die toilet. Die seuntjie het ernstige kopbeserings en ʼn skedelbreuk opgedoen.” Tselanyane sê die seuntjie is op die toneel dood verklaar. “Die man is in hegtenis geneem en word aangekla van moord. Hy sal na verwagting Maandag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.