Die ontbinde liggaam van ‘n seun is in die bosse in die Tamara-dorpie in die Oos-Kaap gevind.
Lt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê inwoners het Sondagaand op die lyk afgekom. “Die polisie het tydens hul ondersoek ook op damesklere en -skoene op die toneel afgekom,” het Mawisa gesê. Die polisie kon nie dadelik sê hoe die kind, wat vermoedelik 9 jaar oud was, gesterf het nie, aangesien die liggaam te erg ontbind was. Die polisie ondersoek die saak.