Seuntjie soek veselperske, sit vas in afvoerpyp

Reddingswerkers het Vrydagaand gesukkel om ʼn 9-jarige seun wat in ʼn afvoerpyp in Bombele op die KwaZulu-Natal suidkus vasgesit het te bevry, het paramedici gesê.

Hulle het bykans twee ure lank gesukkel om hom uiteindelik teen 19:30 te bevry, het Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare911 gesê. “Ons vermoed dat die seun in die afvoerpyp geklim het om ʼn veselperske uit te haal, maar hy het toe vasgesit,” het hy gesê. Die seun het glo vir ʼn paar uur lank in die pyp vasgesit. Wicks sê die seun is in ʼn stabiele toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.