Seuntjie spring uit hoë gebou “omdat meneer so sê”

skool 2ʼn 10-jarige seuntjie van China is dood nadat hy uit die 30ste verdieping van ʼn gebou gespring het omdat hy nie ʼn verskoningsbrief, wat sy onderwyser geëis het, geskryf het nie.

Die laerskoolleerling moes ʼn brief met 1 000 karakters skryf waarin hy om verskoning vra omdat hy in die klas gepraat het, het China National Radio (CNR) berig.

Die onderwyser het glo aan die seuntjie gesê hy moet “uit ʼn gebou gaan spring” toe hy nie die brief ingedien het nie.

Die kind het op ʼn motor geval wat onder sy ouers se woonstel parkeer gestaan het.

Sy ontstoke familie het ʼn banier buite die skool in die suidwestelike stad, Chengdu, opgerig. Op die banier staan geskryf: “Die onderwyser het ons kind gedwing om uit ʼn gebou te spring.”

ʼn Woordvoerder van die polisie in die Jinjiang-provinsie sê die ondersoek duur voort, en wou nie verder kommentaar lewer nie.

Streng dissipline is ʼn noodsaaklike deel van China se onderwysstelsel en kultuur en tradisie vereis onderdanigheid. Kinders is dus onder erge druk om instruksies na te volg.

Die nuus het kritici en simpatie op Sina Weibo, China se sosialemedia-webwerf, uitgelok. “Hoe kan so persoon ʼn onderwyser wees,” het een van die gebruikers gevra. “Wie het hom die reg gegee om só te praat? Hoekom het die kind absoluut blinde gehoorsaamheid?” het ʼn ander geskryf.

Die seun se skool het Donderdag gesê die skolier en sommige van sy skoolmaats moes verskoningsbriewe indien nadat hulle ʼn debatskompetisie onderbreek het.

“Hy is per ongeluk dood,” het die skool gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Amy ·

Dis tragies!!! My hart gaan uit na die vriende en familie van die jong kind. En ja, skors die onnie!!!

Van wanneer af kan ‘n kind van net 10 jaar oud ‘n brief met ‘n 1000 woorde (karakters) skryf?

Cleo ·

Karakters dui op letters, nie woorde nie. 1000 karakters is ongeveer 150-200 woorde. Nie dat dit die tragiese nagevolge beter maak nie!

Jasper ·

Een Chinese karakter kan in Westerse skrif, n hele woord beslaan. bv. Die Engelse word “Like” bestaan uit 2 Chinese karakters.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.