Seuntjie sterf na motorhek op hom val

‘n Sesjarige seuntjie van Kensington, Johannesburg is dood nadat ‘n motorhek op hom geval het.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê toe paramedici by die toneel opdaag het hulle vasgestel dat die kind ernstige beserings opgedoen het. “Hy is op die toneel dood verklaar,” het Wicks gesê. Wicks sê die motorhek het van die spoor gegly en op die seun geval toe hy probeer het om dit oop te stoot.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.