Seuntjie sterf op sesde verjaardag

Corné Nel. Foto: Facebook

Corné Nel is gister op sy sesde verjaardag oorlede nadat hy Sondag skielik siek geword het.

OFM berig dat Corné laat gisteroggend breindood verklaar is en sy ouers die besluit geneem het om die masjiene wat hom aan die lewe hou af te skakel. Corné het Sondag skielik begin siek voel en het opgegooi en diarree gekry. Sy ouers, stafsers. Schmidt Nel en Marina, het hom Sondagaand na 3 Millitêre Hospitaal in Bloemfontein geneem maar hy is nie opgeneem nie aangesien daar vermoed is dat hy ʼn maagvirus gehad het. Corné het egter siek gebly en is Maandagmiddag in die hospitaal opgeneem. Sy toestand het vinnig verswak en hy is Maandagaand na die Bloemfontein Mediclinic oorgeplaas met erge drukking op die brein. Hy is gisteroggend op sy verjaardag oorlede. Corné se pa het op Facebook geskryf: “Baie dankie vir al julle gebede, bid asb vir die pad wat voorlê. My sonstraaltjie grootseun is nou by liewe Jesus.” Die oorsaak van Corné se dood is nog nie bepaal nie maar hy het vermoedelik ʼn infeksie opgedoen wat die drukking op sy brein veroorsaak het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.