Seuntjie van verdrinking gered danksy ma se flinke optrede

verdrinkʼn 20 maande oue babaseuntjie van Benoni in Gauteng is Dinsdagoggend van verdrinking gered nadat sy ma dadelik noodbehandeling toegepas het.

“ER24-paramedici is net ná 09:00 ontbied in verband met ʼn moontlike verdrinking,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die ma het haar kind bewegingloos in die swembad aangetref. Sy het hom uitgehaal en dadelik met KPR-behandeling begin.”

Die kind het binne 60 sekondes op die behandeling reageer en die ma het hulp ontbied.

“Die seuntjie was reeds in ʼn stabiele toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is saam met sy ma na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anton ·

Dit is baie goeie nuus en die foto is uitsonderlik. Baie mooi Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.