‘n Vyfjarige seun veg om sy lewe nadat hy Sondagmiddag van ʼn hotelbalkon geval het in Clarens in die Oos-Vrystaat.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die seuntjie het sowat tien meter ver geval. Wicks sê dit is nie duidelik wat gebeur het nie maar daar word vermoed dat die seuntjie van die balkon op die grond geval het. Wicks sê die polisie ondersoek die voorval. Die seuntjie word in ʼn private hospitaal in Bethlehem behandel.