ʼn Vyf-jarige seuntjie het Saterdagmiddag in ʼn dam naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap verdrink.
ʼn Polisiewoordvoerder, ao Bradley Rawlinson, sê die seuntjie het saam met vriende in ʼn plaasdam geswem toe hy verdrink het. ʼn Verbyganger het die seuntjie sien verdrink maar kon hom nie betyds bereik nie. Die man het die seuntjie uiteindelik uit die dam gekry maar hy was reeds bewusteloos. Paramedici het die seuntjie op die toneel dood verklaar.