‘n Vierjarige seuntjie het Dinsdag, op Oujaarsdag, by ‘n vakansieoord in Amanzimtoti, suid van Durban, verdrink.
Volgens Chris Botha, ‘n woordvoerder van Netcare 911, is die seuntjie per motor na ‘n nabygeleë hospitaal geneem nadat hy uit die water gehaal is. Hy is egter kort na sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.
Ai, dit is baie hartseer. Baie sterkte aan die familie.
Aan almal by Maroela, voorspoedige nuwe jaar.
Stem Justi – hoe gaan mens die nuwe jaar met soveel hartseer en verdriet in.
My innige innige simpatie aan die familie. So hartseer.
Ek het dit al so baie gesê nie doen dit weer. Die mens se brein is nie geprogrammeer om sy kind te begrawe nie. Dit is en bly ‘n traumaties vir enige ouer. Baie sterkte aan die ouers.
Voorspoedige 2014 aan almal by Maroela en ook vir jou en jou familie Gawie!
My innige simpatie ook aan hierdie kindjie se ouers.
Dit is hartverskeurende nuus veral in die feestyd.