Seuntjie vermis ná hy in rivier val

ʼn 7-jarige seuntjie word sedert Woensdag vermis nadat hy in ʼn rivier geval het.

Die seun het glo langs die Elsieskraalrivier, in Kaapstad, gespeel toe hy gegly en in die rivier geval het.

Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die stad Kaapstad se nooddienste, sê die rivier het sterk gevloei en die seun is deur die stroom meegesleur.

“Ons vermoed die seun het dalk verdrink. Ons duikeenheid het Woensdag na die seun begin soek. Die soektog is egter vroeg Donderdagoggend gestaak weens swaar reën, slegte sigbaarheid en omdat die stroom te sterk begin vloei het. Die soektog is later weer hervat,” het Solomons-Johannes gesê.

Die soektog duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.