Seuntjie wat byna verdrink: Ouers vra mense moet aanhou bid

Edgar in die hospitaal. Foto: Facebook

Edgar Julyan, die seuntjie wat Vrydagmiddag byna verdrink het, se ouers vra dat mense moet aanhou bid vir hom. Maroela Media het vroeër berig die 21 maandeoue sentjie van Potchefstroom, is in ‘n kunsmatige koma om swelling op sy brein te verminder en hy is ook onder ‘n yskombers geplaas om sy liggaamstemperatuur te verlaag. Edgar sou Woensdagoggend wakker gemaak word om te bepaal of daar enige breinskade is.

Edgard se ma, Marlene van den Berg-Julyan, het egter Woensdagmiddag op Facebook gesê Edgar se bloeddruk het erg geval. “Hy kan nie nou wakker gemaak word nie. Maar hulle gaan nou die breindruk-metertjie uit sy koppie haal! Hou asseblief aan om te bid,” het sy gesê.

Marlene het Dinsdag geskryf dat Edgar se dokter sê hy is tevrede met sy vordering. “Hy het sy handjies en voetjies beweeg, tong uitgesteek en spoegborreltjies geblaas! Ons jubel en juig!” het sy gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.