Seuntjie wat byna verdrink word wakker gemaak

Edgar Julyan Foto: Drowning and Near-Drowning support Facebook-blad

Edgar Julyan, die seuntjie wat Vrydagmiddag byna verdrink het, het Donderdagoggend stadig maar seker begin wakker word nadat hy sedert die voorval onder verdowing gehou is.

Maroela Media het vroeër berig die 21 maande oue seuntjie van Potchefstroom, is in ‘n kunsmatige koma geplaas om swelling op sy brein te verminder. Hy is ook onder ‘n yskombers geplaas om sy liggaamstemperatuur te verlaag. Edgar sou Woensdagoggend wakker gemaak word om te bepaal of daar enige breinskade is. Edgard se ma, Marlene van den Berg-Julyan, het egter Woensdagmiddag gesê Edgar se bloeddruk het erg geval en hulle moes wag tot vandag om hom wakker te maak.

Marlene het Donderdag 10:00 op haar Facebook-blad geskryf: “Boeta skop en byt die pype! Hy’s besig om WAKKER te word!” Sy sê hy is baie deurmekaar, maar wakker.

Hou Maroela Media dop vir opvolgartikels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LILLY DE BEER ·

Dankie HERE dat hy wakker geword het, help hom dat daar nie breinskade is nie, hy is so pragtige ou seuntjie en sy ouers is albei baie lief vir hom! U is ‘n God van Liefde en ons kan net op U vertrou.

Margriet ·

Ag ek is bly hoop jy word gou beter ek dink aan jou en bid dat God sy hande oor hom hou en spaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.