Seuntjie wat op verjaardag sterf se begrafnisreëlings bekend

Corné Nel. Foto: Facebook

Corné Nel, die seuntjie wat op sy sesde verjaardag oorlede is nadat hy skielik siek geword het, se begrafnisreëlings is bekend gemaak.

Corné is verlede Donderdagoggend breindood verklaar en sy ouers, stafsers. Schmidt Nel en Marina, het besluit om die masjiene wat hom aan die lewe hou af te skakel. Corné het die vorige Sondag skielik begin siek voel en het opgegooi en diarree gekry. Sy toestand het vinnig verswak en hy is die Maandagaand na die Bloemfontein MediClinic oorgeplaas met erge drukking op die brein. Hy is Donderdagoggend op sy verjaardag oorlede. Lees meer hier.

Corné se roudiens vind Woensdag 17 Oktober vanuit die NG-kerk Pellisier, Bloemfontein, plaas. Die diens begin om 11:00.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda Holmes ·

Ek het nie woorde nie, my hart is seer saam met julle. Loop die pad met al die mooi oomblikke,herinneringe en natuurlik fotos van Corne, dit sal nooit weggeneem word nie. Mag jul berusting vind, ek bid vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.