Sewe ‘AWB-lede’ vas

Sewe mans, vier wat glo in AWB-uniforms geklee was, is Dinsdag in Worcester in die Boland in hegtenis geneem.

Die mans is glo met ‘n verskeidenheid vuurwapens en ammunisie betrap, berig SABC News. Die mans is tussen 33 en 66 jaar oud. Die mans is onderweg na De Doorns van Kaapstad by ‘n verkeerslig in hegtenis geneem. De Doorns is die middelpunt van die plaasarbeiderstaking.

Cosatu het vroeër gewaarsku dat privaatsekuriteitsmaatskappye en verregse organisasies hulself mag bewapen om plase te beskerm.

Die mans word van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en 60 rondtes ammunisie aangekla. Die Valke het die saak oorgeneem en sê die mans is nou na verskeie polisiestasies in Kaapstad geneem. Dit is nog nie bekend of hul inhegtenisneming aan die voortslepende staking in die landboubedryf gekoppel kan word nie. Dit is ook nog nie duidelik of hulle deur enige boere gehuur is nie.

“Die polisie beheer die situasie tans baie goed. Dit verg net een “sneller-gelukkige” (trigger happy) individu om ‘n tragedie te ontlont,” het Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie (DA) en premier van die Wes-Kaap, oor die voorval op Twitter gesê.

Die mans se verskyning in die hof is nog nie bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.