Sewe beseer na hysbak val

Argieffoto

Sewe skoonmakers is Vrydagaand by die parlement in Kaapstad beseer nadat die hysbak waarin hulle was glo sowat 10 meter ver geval het.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die skoonmakers is uit die hysbak bevry en vir nek- en rugbeserings behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Luzuko Jacobs, woordvoerder van die parlement, het aan SABC News gesê die voorval het by die Marks-gebou plaasgevind. Dié gebou, wat die SABC se ateljees en opposisiepartye se kantore huisves, is intussen afgesper terwyl ingenieurs die veiligheid van die hysbakke vasstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.