Sewe ernstig beseer na wilde jaagtog

Die botsing waarin die vermeende rowers betrokke was. Foto: @missbolani/Twitter

Die botsing waarin die vermeende rowers betrokke was. Foto: @missbolani/Twitter

Sewe mense is ernstig beseer na ‘n wilde jaagtog tussen die polisie en vermeende rowers in Auckland Park, Johannesburg.

Ao. Jerbes de Bruyn, woordvoerder van die polisie, sê twee mans het na bewering Woensdagmiddag ʼn huis in Westdene beroof voor hulle gevlug het. Die polisie is in kennis gestel en het die vermeende rowers agternagesit. Die vermeende rowers se motor het ses voetgangers getref voor dit teen ʼn ander motor gebots het. Die voetgangers en die bestuurder van die ander motor is ernstig beseer en na nabygeleë hospitale geneem vir behandeling. Een van die vermeende rowers is in hegtenis geneem en die motor is op beslag gelê. De Bruyn sê die ander vermeende rower het weggehardloop en nog ʼn motor gekaap. Die motor is later verlate naby Westbury gevind. Die verdagte is steeds op vrye voet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.