Sewe gered na seedrama by Stilbaai

Die boot wat gebruik is om die Danella II se bemanningslede te red. Foto: NSRI

Sewe bemanningslede is gered nadat hulle vissersboot begin water inneem het naby Stilbaai aan die Suid-Kaapse kus.

Enrico Menezies, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder by Stilbaai, sê bemanningslede van die NSRI is omstreeks 18:40 Woensdagaand ontbied nadat die vissersboot Danella II sowat 44 seemyl suidwes van Stilbaai in die moeilikheid beland het. Die boot se romp is glo beskadig waarna dit water begin inneem het. Die bemanningslede het fakkels afgevuur en noodoproepe uitgestuur. Die bemanningslede het die water uit die boot begin pomp terwyl hulle teen ʼn stadige spoed begin terugkeer het na Stilbaai. ʼn Reddingsboot het die Danella II omstreeks 21:00 bereik. Vier van die sewe bemanningslede is op die reddingsboot gelaai terwyl daar voortgegaan is om die water te probeer uitpomp. Die skipper van die Danella II het later die besluit geneem om die boot te verlaat. Dit het kort hierna begin sink. Al sewe bemanningslede was teen 23:45 veilig aan land. Niemand is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.