Sewe leerlinge geskors oor “koshuisontgroening”

Argieffoto

Sewe leerlinge van ʼn hoërskool in die Wes-Kaap is geskors nadat ʼn leerling verlede week kritiek beseer is tydens ʼn beweerde koshuisontgroeningspeletjie.

Andrew Searle, 14, sterk nog in die hospitaal in George aan nadat hy verlede Dinsdag met ʼn skoen in ʼn kussingsloop geslaan is. Hy is ʼn leerling aan Hoërskool York in George. Volgens die seun se pa, Sean Serle, het ʼn groep seuns glo sy seun se koshuis binnegegaan terwyl hulle geslaap het. Die koshuisinwoners is aangeval en geslaan. Andrew is op sy been en teen sy kop geslaan. “Die kinders noem dit ʼn ‘raid’. Dit word glad nie deur die skool goedgekeur nie,” het Searle toe gesê. Andrew het ʼn uur na die aanval ernstige hoofpyn gekry. Die koshuispa het met hom na ʼn nabygeleë hospitaal gejaag waar daar bevind is dat hy bloeding op die brein het.

Die sewe leerlinge gaan Dinsdag dissiplinêr verhoor word, berig The Cape Times. Volgens die verslag gaan die gesin nie ʼn strafsaak of enige aksie teen die leerlinge maak nie en sê hulle aanvaar dit was ʼn ongeluk.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.